top of page

Couple of the term

Kayla & Malan

Waar en wanneer het julle ontmoet en hoe lank is julle nou al saam?

In September 2013 voor juf. Van der Walt se klas. (Darem is hulle antwoorde dieselfde!) En ons is die 10de Desember 3 jaar saam.

Malan:

Wat is jou gunsteling eienskappe van Kayla?

Liefdevol, ondersteunend en sy is altyd daar vir my wanneer ek haar nodig het.

As iemand vir jou sê “Kayla”, waaraan dink jy eerste?

Al waaraan ek kan dink as ek haar naam hoor, is hoe sy myne is.

Wat weet ons nie van Kayla nie?

Almal ken haar as hierdie “loud” persoon, maar binne haar het sy een van die kleinste hartjies wat ek ken.

Wat het jou laat besef dat sy die “een” is?

Dit was ’n Vrydag gedurende tweede pouse toe ek haar met ’n groot glimlag sien gesels met haar vriendinne en dit was asof daar flikkertjies in my af gegaan het en gesê het, “Wow!” Die volgende week was sy al waaraan ek kon dink en toe besef ek dat ek verlief is, toe vra ek haar uit.

Kayla:

Wat is jou gunsteling eienskap van Malan?

Sy eerlikheid en dat hy my altyd motiveer.

Wat was jou “most embarrassing moment” voor hom?

Wel, ek was besig om te slaap en toe poep ek so hard dat ek myself wakker gepoep het, terwyl hy langs my lê en TV kyk.

Wat maak Malan uniek?

Die feit dat hy altyd sy hart op sy mou dra en dat hy almal bo homself plaas.

Is hy romanties en hoe?

Ja, hy is vreeslik romanties. Wanneer hy rugby speel sal hy altyd die getekende “K” op sy hand ’n soen gee voordat hy pale toe skop, dit is ’n teken dat hy net vir my speel.

Julle gunsteling sin om vir mekaar te sê?

Vir ewig en altyd.


bottom of page