top of page

Kaptein André lei in Indië

André is Brandwag se hoofseun, staan eerste op akademiese gebied en hy is deel van Brandwag se eerste krieketspan. Hy speel natuurlik ook skaak, gholf en tennis. Daar is niks wat hy nié kan doen nie.

Hy is ’n uithaler kolwer en sy boulwerk is ook topklas. Hy het verle

de jaar beide van hierdie talente laat skitter by die Punt Krieketfees in September 2015. Meer as 30 skole neem jaarliks aan dié fees deel.

Wanneer die toernooi klaar is word 14 spelers aangewys vir ’n toerspan wat dan in die Maart-vakansie van die volgende jaar oorsee gaan deelneem.

Hierdie jaar het die span Indië toe getoer en André is boonop as die kaptein van die toerspan aangewys.

Delhi, Jaipur en Agra is in die Noorde van Indië geleë en dit is waar André sy voetspore gelos het.

Hy praat van wonderlike ervarings, groot en klein.

Groot, waar hulle, sy toerspan, ’n IPL wedstryd gaan kyk het. Die span was almal dieselfde geklee en toeskouers by die wedstryd het hulle verwar het met ’n bekende krieketspan. Die toeskouers vra toe die span se handtekeninge en ’n klomp foto’s is saam met die toeskouers geneem.

’n Klein wonderlike ervaring was om die vriendelikheid van die mense in Indië te beleef. Hulle doen die ekstra moeite om te verseker dat jy gelukkig is. Hulle vriendelikheid kon in die klein goedjies gesien word.

André sê: “As jy vir iemand vra waar iets is, sal hy sommer saam met jou stap en jou wys waar dit is.”

Sy hoogtepunt van die toer was natuurlik die speel van 4 wedstryde waarvan hulle 3 gewen het. Die span het net sy eerste wedstryd verloor.

“Die span het mekaar nog nie so lekker geken nie en almal het jetlag gehad,” sê André oor die eerste wedstryd.

Op een van die moeilikste kolfblaaie is André-hulle vir 77 lopies uitgeboul. Min genoeg lopies, maar 7 meer as wat die Proteas op ’n soortgelyke blad kon aanteken.

André voeg by, "As ’n kolfblad sleg is, is hy sleg vir albei spanne."

Op die dag boul hulle die teenstanders vir 69 uit en wen met 8 lopies.

Hulle het voortgegaan met hulle wenspel deur die volgende opponente oortuigend te klop. Die laaste van die vier wedstryde was ’n naelbyt en tande kners stryd. Die kompetisie het eerste gekolf en het 152 lopies aangeteken. André se span behaal toe dié aantal lopies in die 20ste kolfbeurt met die laaste bal.

Sy beste kolfwerk was 68 lopies van 46 balle en sy beste boulwerk was 3 paaltjies vir 24 lopies.

Kyk gerus op die foto's hoe André se Brandwag-bandjie saam met hom deur Indié getoer het.


bottom of page