top of page

Vaarwel, juf. Kleinhans


Met lang trane en groot hartseer moes Brandwag op 17 Maart van juf. Kleinhans afskeid neem.

Sêma'so het ’n laaste geselsie met haar ingekry.

Sy het onderwys gekies omdat sy graag met mense wou werk en het gedink onderwys sal haar die geleentheid gee om dit te doen. As sy ooit ’n tweede kans sou kry, sou sy weer presies dieselfde kies.

Sy sê dat sy nog steeds na al die jare onderwys geniet. "Elke dag is n nuwe geleentheid om n verskil in n kind se lewe te maak.

Sy het ’n ongelooflike 37 jaar by Brandwag gewerk. Daarvan het sy twee jaar in die seuns koshuis gewoon het en nege jaar in die Jakaranda Meisieskoshuis gewoon. Sy het dit vreeslik geniet om die koshuise haar "huis'' te noem.

Dit wat sy die meeste geniet het by Brandwag was die leerders, hulle vriendelikheid, mooi maniere, drukkies en lekker geselsies.

Wat vir juf. Kleinhans die meeste uitgestaan het, was dat Brandwag ’n omgee-skool is - omgee tussen die personeel en tussen die personeel en kinders.

Die groot vraag is watter graad se leerders mis sy die meeste? Wel, haar antwoord was, hierdie jaar se graad 11's. ''Ek dink ek moet hulle ontvoer Kaap toe.''

Haar mees ongemaklike oomblik in Brandwag was toe sy gehelp regmaak het vir ’n funksie en in haar haas op ’n nat kol op die vloer gegly en klip hard op haar sitvlak te lande gekom het. Die leerders het natuurlik lekker gelag.

Juf. Kleinhans het ’n groot voorliefde vir RTT maar as sy kon kies sou sy dalk Wiskunde as vak wou gee. Sy sê sy mis die leerders en haar vriende op die personeel al te veel.

Haar laaste woorde aan Brandwag, "Wees altyd dankbaar vir die voorreg om ’n Brandwagter te wees. Een keer deel van die band van grys en groen - altyd deel van die band van grys en groen."

Sy stuur ook spesiale liefde aan al haar Jakaranda-babas.


bottom of page