top of page

Muffel snuffel online

Geagte leser. Muffel is Sêma'so se skindernuus. Alle spel- en taalfoute is met opset en tong-in-die-kies. Niks wat hieronder staan is bedoel om ernstig opgeneem te word. Net leerders wat tans in Brandwag is, sal ’n benul hê van wat gesê word.

Muffel is alweer besig om deur die hele skool al die grade te snuffel… Muffel begin mos maar onder by die sotte en snuffel dan sommer vinnig, vinnig aan na die groters kindertjies ...

Dalk hak Muffeltjie so biejie vas by die graad 9’s en dan by die 10’s, maar julle moet asseblief tog nie té belangrik voel nie…

2016 is nou rêrig wat Muffel sal sê ’n anderste jaartjie. Muffel moet nou op Maandagoggende daaaa in die bomskuiling rond staan. Muffeltjie het ’n nuwe groen bandjie om mee te brag en Muffeltjie trippel selfs Woensdae oor die A-veld na daai stampvol kerk toe. Moenie worry nie, Muffel weet alles van junior en senior saal ook.

En die belangrikste: Muffel is online!

Muffel sien sommige maatjies se groen bandjies is missing. Muffel hoop daai verstrooide maatjies kan darem hulle eksamenwerkies vind voor dit te laat is.

Fluit-Fluit, muffel sien hoe maak sekere meisies draaitjies by al die seuntjies. Die ander dames moet ma hulle stukkies styf vashou, because danger is on the loose. Muffelkie is ook so genuine vreeslik skaam oor sekere meisietjies se Instagram captions ... #cornycaptions

En dan, maak muffel sy ogietjies somme styf toe wanneer hy sien hoe die meisietjies agter die nuwe studente onnies aan is, asseblief tog. Hou tog net julselfies in, 'seblief! Muffel sien hoe sommige starry eyed meisies ook tog net presies weet waar daai jong menerens klas gee ... Muffel kan net een ding sê, WAG, WAG, WAG vir Jouse eie blom-oomblik #IRIS

Anyway, Akademie is belangriker! #disEksamen.

Julle weet mos dis nou amper weer tyd vir daai alte “belangrike” verkiesing, as muffle daar verby die graad elfies loop, val hulle skoon oor hulle eie voete om te groet! #fake .. Maaaar dis nog niks, muffel’Q hoor hoe die graad 11’s dan ook sommer in mekaar se slaaie krap ... Sies! #stayinyourownsalad

Al dink jy dat jy so hot is, dis nie kief nie, dis nie-cool nie. Muffel’Q het nuus vir jou! Almal weet van jou skandes. Friends los friends se B’friends uit. Brandwagters doen nie dit nie. #JammerBrandwag #gedravijou

As enige iemand nou nie weet nie: By Brandwag het ons ’n STOEP ennnn dis die matrieks se stoep. Dit word nie verniet die "Matriekstoep" genoem nie! Jy gaan jou beurt kry! Vanjaar se graad 8’s is al te uninformed! Sit op jou plek, graad aggie ... einde van die jaar sal jy sien wat ’n big deal die stoepoorneming is.

Muffel kon nou nie help om te hoor van sekere matrieks se planne om te elope vir ’n wedding nie. Muffel moet sê: Dis ’n nuwe een. Daar's mos so ’n Afrikaanse gesegde oor die kar en die perde (of is dit nou die wa?) wat nie voor die perde moet wees nie ... maar anyway, soos Muffel verstaan beteken dit some things moet in ’n specific order gedoen word.

Muffel wonder ook ma net of die groom weet dat de best man alte goeie vriende is met die bride-to-be. Muffel sien veral in die oggende hoe close die vriendjies is. OK dan, dis al wat Muffeltjie sal sê oor daai enetjie.

Laat Muffel nou eers announce wat Muffel alles kon snuffel by daai grooste van alle clashes, die Classic Clash. Of course is Muffel elke jaar daar. Muffel wil somme dadelik vir daai negatiewe maatjies sê: Sies vi julle! So hoor Muffel mos van so paar wysneuse wat sommer overnight dink hulle is sulke fabulous rugby experts dat hulle vooraf weet wie gaan wen ... en toe's hulle vreeslik verkeerd.

Muffel sê: Ons boys is die beste span van dink en doen + master Van Schalkwyk + master Viljoen = Braam wat die trofee soen.

Nou is dit so dat sommige so bietjie emosioneel geraak het op die groot dag. Muffel het anyway geweet dit sal niks help om ons boys te probeer intimideer nie. Soos Mr Z ook gesê het: Ons het die bal gespeel.

Muffel dink DP moet dalk Anger Management as vak oorweeg vir die tiertjies wat nie hulle humeurtjies kan beteuel nie. #toobadDP

Op so laaste noot, as jy vir jou eie "lag" lag dan dink muffel’Q jy het ’n skroefie los ... Muffel’Q sien mos sommige laggies irriteer selfs die onnies. #jy-is-nie-snaaks-nie…

Muffel sal nou eers moet stop, maar daar's nog so baie juicy bits dat Muffelkie ma gou weer ’n ietsie sal moet sê.


bottom of page